053 723 1182 pikkiepret2@gmail.com

Algemeen

  • Skoolfonds (2022) is R1600, betaalbaar vir slegs 11 maande vanaf Januarie.
  • Nasorg fooie (2022) is R1000.
  • Vakansie sorg (2022) is R50 per dag.
  • Snoepie vind plaas op Vrydae.
  • Kostes vir ‘n Pikkie Pret hempie (2022) is R130.
  • Bak-en-brou vind Woensdae plaas (kostes is ingesluit by maandelikse skoolfonds).
  • Skoolgereedheidstoetse (Gr.R – 2022) is R380.

Gesondheid

  • Geen siek kleuters met ‘n aansteeklike siekte (bv. waterpokkies ens.) mag skool toe kom nie en ook ongelukkig nie maatjies wat koors, loopneus, ringwurm of oog-infeksies het nie.
  • Enige allergiese toestande moet onder ons aandag gebring word, sodat voorkomend opgetree kan word. Skryf dit asb in die kommunikasieboekies.
  • Geen medikasie word by die skool toegedien nie.
  • Ongelukkig word geen kind met kopluise by die skool toegelaat nie, die kleuter moet asseblief dadelik kom haal word en tuis bly totdat daar nie meer sigbare kopluise is nie.

Kleredrag

  • Trek asseblief gemaklike klere aan waarvoor julle nie jammer is nie en merk alle klere en skoene duidelik. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir iets wat by die skool verlore raak nie.
  •  Onthou om ‘n baadjie in tepak, indien dit koud word.
  •  ‘n Ekstra stel droë klere word aanbeveel aangesien ons soms mors aktiwiteite doen en glipsies soms gebeur.
  • Onthou om jou Pikkie Pret t-hemp elke Vrydag te dra!

Algemene Inligting

  • Ons volg ‘n ontwikkelingsprogram met ‘n weeklikse tema vir elke ouderdomsgroepie.
  • Ons maak gebruik van kommunikasie boekies, wat kommunikasie vergemaklik tussen ouers en personeel, sowel as ons Facebook blad en whatsapp groepies vir elke klas.
  • Enige abnormale insident sal aan u weergegee word indien nodig.
  • U betrokkenheid en meelewing by die skool word as kardinaal beskou in die opvoeding van u kleingoed, en dit is vir ons belangrik dat u as ouer, uself sal sien as “aandeelhouers” in die belang van u kinders.
  • Reël vooraf indien ‘n ander persoon u kleuter kom haal.
  • Indien u met die klasonderwyseres wil praat, reël met haar vir ‘n afspraak of skakel die kantoor en maak ‘n afspraak by die sekretaresse.
  • Ouers moet eers by die kantoor aanmeld alvorens hul na klasse gaan.

Buitemuurs Aktiwiteite

Dans - Boogie Beatz

Kelley Landsberg
076 925 6974

Arbeidsterapeut

Nadia Burger
071 612 0644

Rugby - Kalahari Bulletjies

Herbert Haasbroek
078 423 9100

Spraakterapeut

Liezl Ungerer
073 934 5343

Monkeynastix

Gerlize Van den Berg
076 506 7756

Funtime Netball

Jakkie van Heerden
072 179 6505

Swem - Kalahari Splash

Leandri Burger
083 271 7818

Moov to Move

Wendy Bohlmann
076 711 3910

Dokumentasie

Laai ons nuutste dokumentasie af.

Gaan na dokumentasie »

Kontak Besonderhede

Besoek ons kontak blad.

Gaan na kontakbesonderhede »

Hoekom is

kleuterskool

so belangrik?

“90% van n kind se breinontwikkeling vind plaas voor die ouderdom van 5.”

– Harvard Center for the Developing Child