066 113 7929 pikkiepret2@gmail.com

Kleuterskool was nog nooit tevore soveel pret nie!

Lees MeerDoen Aansoek

Kindersorg

Pikkie Pret beywer om elke kleuter se behoeftes individueel te koester, ontwikkel en in die regte rigting te kanaliseer en te laat groei. Ons maak gebruik van Caps in ons leerplan sodoende alle areas van leer aan te raak.

Aktiewe Leer

Vryspel, gerigte- en buitespel lê ons na aan die hart. Sodoende die kind werklik holisties en in totaliteit te ontwikkel.

Gesondheid Fokus

Pikkie Pret moedig gesonde gebalanseerde eetgewoontes aan sodat kinders optimaal kan leer en ontwikkel. Alhoewel Pikkie Pret nie self etes aan kleuters verskaf nie, word ouers aangemoedig om gesonde kosblikke in te pak.

Welkom by Pikkie Pret

Baie welkom by ‘n kleuterskool wat omgee en ‘n verskil maak, vir 4 tot 6 jariges. Ons hoofdoel is om te leer deur speel. Ons daaglikse aktiwiteite gaan wissel van rustige, sowel as besige tye, roetine sowel as uitdagings, pret, sowel as ernstige takies. 

Pikkie Pret in ‘n neutedop

  • Gekwalifiseerde onderwyseresse en personeel.
  • Onderrig gegrond op Christelike beginsels.
  • Hoë akademiese standaarde, in ‘n liefdevolle, ondersteunende omgewing.
  • Ontwikkeling van skoolgereedheid, sowel as die aflê van skoolgereedheidstoetse.
  • Goed toegeruste speelterreine.
  • Uitstekende opvoedkundige leer materiaal.
  • Uitkoms gebaseerde kwartaalikse assessering.
  • Opvoedkundige instappies.
  • Bak – en – brou en lekker mors aktiwiteite dae.
  • Verskeidenheid buite-muurse aktiwiteite in kultuur, sport en wetenskap.
  • Jaarlikse funksies.
  • Personeel opgelei in basiese noodhulp en brandgevaar.

Belangrike Datums

  • 11 Mei – Moedersdag
  • 29 Mei – Hemelvaartsdag
  • 30 Mei – Koekverkoping
  • 7 Junie – Maskerbal
  • 15 Junie – Vadersdag
  • 16 Junie – Jeugdag
  • 26 Junie – Skool sluit
  • 22 Julie – Skool open vir die derde kwartaal

Kennisgewings

  • Ons aansoeke vir 2026 open die 14de April en sluit die 30ste Mei.
  • Skool sluit die 26ste Junie en open weer die 22ste Julie.

Ons is toegewyde/ kreatiewe onderwyseresse wat ‘n passie het vir kinders. Ons streef daarna om ‘n kind in totaliteit te ontwikkel deur individuele aandag aan elkeen te gee. Ons glo kinders ontwikkel die beste in ‘n veilige, liefdevolle omgewing. Roetine is baie belangrik in die klas, want dit gee sekuriteit aan die kinders.

Ontmoet die personeel

Tobia van Zyl

Vissie Klas
3-4 Jariges

Rita Kühn

Hasie Klas & Onder-skoolhoof
4-5 Jariges

Lorindi Roux

Blomme Klas
5-6 Jariges

Rozanne Hollenbach

Uil Klas
5-6 Jariges

Andrea Williams

Gogga Klas
5-6 Jariges

Lizel Steyn

Vlinder Klas & Skoolhoof
5-6 Jariges

Kelly Landsberg

Pikkewyn Klas
3-4 Jariges

Lianca Steyn

Sekretaresse

Ennie Liets

Kombuispersoneel

Teran Landrew

Vissie klas – Assistent Juffrou

Wat maak

Pikkie Pret

die beter keuse?

40+

Jaar Ondervinding

27

Bevoegde Personeellede

190

Gelukkige Kleuters