
Kindersorg
Pikkie Pret beywer om elke kleuter se behoeftes individueel te koester, ontwikkel en in die regte rigting te kanaliseer en te laat groei. Ons maak gebruik van Caps in ons leerplan sodoende alle areas van leer aan te raak.

Aktiewe Leer
Vryspel, gerigte- en buitespel lê ons na aan die hart. Sodoende die kind werklik holisties en in totaliteit te ontwikkel.

Gesondheid Fokus
Pikkie Pret moedig gesonde gebalanseerde eetgewoontes aan sodat kinders optimaal kan leer en ontwikkel. Alhoewel Pikkie Pret nie self etes aan kleuters verskaf nie, word ouers aangemoedig om gesonde kosblikke in te pak.
Welkom by Pikkie Pret
Baie welkom by ‘n kleuterskool wat omgee en ‘n verskil maak, vir 4 tot 6 jariges. Ons hoofdoel is om te leer deur speel. Ons daaglikse aktiwiteite gaan wissel van rustige, sowel as besige tye, roetine sowel as uitdagings, pret, sowel as ernstige takies.
Pikkie Pret in ‘n neutedop
- Gekwalifiseerde onderwyseresse en personeel.
- Onderrig gegrond op Christelike beginsels.
- Hoë akademiese standaarde, in ‘n liefdevolle, ondersteunende omgewing.
- Ontwikkeling van skoolgereedheid, sowel as die aflê van skoolgereedheidstoetse.
- Goed toegeruste speelterreine.
- Uitstekende opvoedkundige leer materiaal.
- Uitkoms gebaseerde kwartaalikse assessering.
- Opvoedkundige instappies.
- Bak – en – brou en lekker mors aktiwiteite dae.
- Verskeidenheid buite-muurse aktiwiteite in kultuur, sport en wetenskap.
- Jaarlikse funksies.
- Personeel opgelei in basiese noodhulp en brandgevaar.
Belangrike Datums
There are no upcoming events.
Kennisgewings

Ons aansoeke vir 2023 open die 19de April en sluit die 28ste Okt.
Ons is toegewyde/ kreatiewe onderwyseresse wat ‘n passie het vir kinders. Ons streef daarna om ‘n kind in totaliteit te ontwikkel deur individuele aandag aan elkeen te gee. Ons glo kinders ontwikkel die beste in ‘n veilige, liefdevolle omgewing. Roetine is baie belangrik in die klas, want dit gee sekuriteit aan die kinders.

Ontmoet die personeel

Tobia van Zyl
Vissie Klas
4-5 Jariges

Rita Kühn
Hasie Klas
4-5 Jariges

Lorindi Roux
Blomme Klas
5-6 Jariges

Rozanne Hollenbach
Uil Klas
5-6 Jariges

Andrea Williams
Gogga Klas
5-6 Jariges

Lizel Steyn
Vlinder Klas & Skoolhoof
5-6 Jariges

Kelly Landsberg
Pikkewyn Klas
3-4 Jariges

Lianca Steyn
Sekretaresse

Ennie Liets
Kombuispersoneel

Tarrun Landrew
Nasorg
Pikkie Pret
40+
Jaar Ondervinding
12
Bevoegde Personeellede
170
Gelukkige Kleuters